Antonie van Leeuwenhoekmh
Antonie van Leeuwenhoek | |
![]() | |
Portret van Antonie van Leeuwenhoek (1632–1723) deur Jan Verkolje
| |
Geboortenaam | Antonie Philips van Leeuwenhoek |
---|---|
Gebore | 24 Oktober 1632 Delft, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande |
Oorlede | 26 Augustus 1723 (op 90) Delft, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande |
Nasionaliteit | ![]() |
Handtekening | ![]() |
Antonie van Leeuwenhoek (24 Oktober 1632 – 30 Augustus 1723) (volle name: Thonius Philips van Leeuwenhoek) was 'n Hollandse handelaar en wetenskaplike van Delft, Nederland.
Inhoud
- 1 Vader van Mikrobiologie
- 2 Mikroskope
- 3 Wetenskaplike roem
- 4 Sien ook
- 5 Verwysings
Vader van Mikrobiologie[wysig | wysig bron]
Antonie is bekend as die "vader van mikrobiologie". Hy was die eerste persoon wat 'n eensellige organisme gesien en beskryf het. Dit het hy gedoen deur die gebruik te maak van sy handgemaakte mikroskope. Hy was ook die eerste persoon wat aantekeninge gemaak het oor spierweefsels, bakterie, spermatosoa en bloed.
Mikroskope[wysig | wysig bron]
Die mikroskope wat sy Nederlandese landsgenote uitgevind het, sowel as die wat Robert Hooke van Engeland gebruik het, het amal bestaan uit metaalbuise waarin konvekse lense aan elke ent gemonteer was. Hierdie instrumente, waarin een lens die beeld vergroot wat deur die ander lens gevorm word, word 'n samegestelde mikroskoop genoem. Ongelukkig kon die lense nooit akkuraat genoeg gemaak word nie, en dit het 'n uiters nadelige uitwerking gehad op die beeld wat met hulle verkry kon word. Van Leeuwenhoek het 'n manier ontdek om klein, maar baie akkurate lense met 'n hoë vergrotingsvermoë te slyp. Hy was in staat om met een enkele lens, of eenvoudige mikroskoop meer waar te neem as diegene wat met die samegestelde instrumente gewerk het. Die eenvoudige mikroskoop ken ons vandag as die gewone vergrootglas.[1]
Gedurende sy leeftyd het Van Leeuwenhoek oor die 500 optiese lense gebruik. Hy het ook meer as 400 verskillende soorte mikroskope gemaak, waarvan net 9 nog bestaan. Sy mikroskope het uit silwer of koper raamwerk bestaan wat lense in posisie gehou het. Die wat nog oorgebly het na al die jare, kan tot 275 keer vergroot. Daar word vermoed dat van Leeuwenhoek se mikroskope tot 500 keer kan vergroot.
Wetenskaplike roem[wysig | wysig bron]
Teen die einde van die 17de eeu, het Leeuwenhoek feitlik 'n monopolie op mikroskopiese studie en ontdekking geniet. Robert Hooke, sy tydgenoot en 'n vroeë pionier in mikroskopie, was daaroor beswaard dat die veld tot so 'n mate op een man se skouers gerus het.[2] Vele bekendes het oor die jare by Leeuwenhoek besoek afgelê, insluitende Russiese Tsar Pieter die Grote. Tot sy gaste se teleurstelling, het Leeuwenhoek geweier om die nuutste mikroskope te vertoon waarop sy nuutste ontdekkings gerus het, en het eerder vir sy besoekers gemiddelde lense vertoon.[3] As 'n ervare besigheidsman, het Leeuwenhoek besef dat, indien sy eenvoudige metode om die lense te vervaardig bekend sou word, die wetenskaplike gemeenskap heelwaarskynlik sy rol in die mikroskopie sou minag of vergeet. Hy het daarom die indruk geskep dat hy sy nagte en vrye tyd gespandeer het in die slyp van kleiner en kleiner lense, ten spyte van die feit dat hy honderde mikroskope gebou het, en die gewoonte gehad het om 'n nuwe mikroskoop te bou wanneer ookal hy 'n interessante monster gevind het wat hy wou preserveer.
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Mikroskoop
- Robert Hooke
- Galileo Galilei
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Kennis, vol 6, 1980, bl. 1104-1105, ISBN 0 7981 0828 2
- ↑ Dobell, Clifford (1932). Antony van Leeuwenhoek and His "Little Animals": being some account of the father of protozoology and bacteriology and his multifarious discoveries in these disciplines. New York: Harcourt, Brace and Company. pp. 52–53.
- ↑ Dobell, pp. 54–61.
Antony van Leeuwenhoek
Plaque
Posseël